JOHANNESBURG. Hosken se aandeleprys het gister ‘n nuwe laagtepunt vir die jaar bereik ná die maatskappy se verdienste in die afgelope boekjaar gedaal het. Ontleders het ook die onttrekking van ‘n waarskuwing aan aandeelhouers deur die maatskappy as ‘n rede vir die daling in die aandeleprys aangevoer. Die maatskappy se aandeleprys het gisteroggend met byna 7% tot 395c per aandeel gedaal, maar later die dag ietwat herstel. Gister se sluitingprys was 418c per aandeel. Volgens ontleders het die onttrekking van die waarskuwing gissinge laat onstaan dat onderhandelings waarby die maatskappy moontlik betrokke was deur die mat geval het. Hosken se verdienste per aandeel het in die twaalf maande tot einde Maart vanjaar van 86c tot 39c afgeneem. Die verdeelbare inkomste het egter in die tydperk van R18,24 miljoen tot R28,91 miljoen toegeneem. maatskappye aandele.

Source: Die Burger