Hosken Consolidated Investments Beperk (HCI) gaan ‘n belang van 30% in BFS Capital vir sowat R74 miljoen verkry. HCI is ‘n genoteerde beleggingsbeheermaatskappy met ‘n markkapitalisasie van meer as R3 biljoen wat deur die beleggingstrusts van die Nasionale Mynwerkers – en Klere en Tekstielwerkersvakbonde beheer word. Mnr Ian Matthews, besturende direkteur van BFS Capital, se die geld sal aangewend word om BFS se tesouriebedrywighede uit te brei en om batebestuursdienste te begin. “Ons oorweeg die moontlikheid om ‘n bestaande batebestuurder met dieselfde kultuur en entrepreneurskap as BFS Capital te koop. Nuwe produkte sal ook deur die tesourie ontwikkel en aan plaaslike klie aangebied word,” het hy voorts gese Hy se BFS Capital was beruk met HCI se innoverende aanslag in die transaksies waarin hulle die afgelope jaar as korporatiewe adviseur vir HCI opgetree het. “BFS was op soek na ‘n vennoot en HCI se magsbasis en die bronne tot hul beskikking het ons oortruig om ‘n belangrike aandeel in die maatskappy aan hulle te bied.” Die NBS Boland groep besit tans ‘n belang van 49,7in BFS Capital en die bestuur en personeel van BFS Capital besit die oorblywende 50,8 ‘n Regte-uitgifte van R5 miljoen sal op 15 Junie deur HCI en BFS Capital se bestuur opgeneem word waardeur ‘n nuwe aandeelhoudingstruktuur geskep sal word met HCI en NBS Boland wat elk 30sal hou en BFS Capital se bestuur en personeel wat 40sal hou. NBS Boland se aandeelhouding sal omskep word in aandele in die Eksekuteurskamer (BOE) ingevolge die BOE/NBS Boland herstrukturering wat onlangs aangekondig is. Volgens Matthews is die vennootskap tussen BFS Capital en HCI vir beide partye voordelig. “BFS Capital sal deur HCI se goeie bronne toegang tot geleenthede h�at dit nie voorheen gehad het nie. Die groter transaksievloei weens HCI se diverse aandeelhouding sal weer tot voortgesette groei van HCI lei,” het hy gese HCI fokus hoofsaaklik op strategiese beleggings in goed bestuurde maatskappye met ho�roeipotensiaal in die inligtingstegnologie, finansi� dienste, media, telekommunikasie en dobbelbedrywe. BFS Capital dra aansienlik tot HCI se belegging in die finansi� dienstesektor by. Mnre. Marcel Golding, John Copelyn en Mohammed Ahmed van HCI sal as direkteure van BFS Capital aangestel word. Golding, voorsitter van HCI, meen die groter kapitaalbasis wat nog tot BFS Capital se beskikking is, maak dit moontlik om ander nismarkte in die finansi� dienssektor te ontgin. “BFS Capital se groei en sukses sal weer HCI se aandeelhouers tot voordeel strek”, se Golding. BFS Capital sal later vanjaar aansoek doen om ‘n banklisensie en sal aanstaande jaar op die Johannesburgse Aandelebeurs noteer.

Source: Sake Beeld