Ondernemings sal binnekort die vermoe he om hul eie private televisiekanaal aan hul werknemers, ongeag die geografiese posisie van hul kantoor, in Suid-Afrika uit te saai. Die nuwe toepassing van die kommunikasiemaatskappy tbm maak dit nou vir veral groot korporatieve instellings moontlik om verpersoonlike inliging deur ‘n visuele medium aan hul werknemers oor te dra. Dit is die jongste tegnologie wat progressiewe organisasies sal help om met ‘n sagte aanslag doeltreffend met werknemers en kliente te kommunikeer, se mnr. Pierre van der Hoven, uitvoerende hoof van tbm. “die visuele netwerk gee aan kliente ‘n uiters kostedoeltreffende, gefokusde en buigsame kommunikasie-oplossing om bemarking en reklame intern op werknemers, of ekstern op kliente, of ‘n kombinasie van die twee, te doen.” tbm, ‘n filial van Hosken Consolidated Investments, bedryf reeds ‘n netwerk van sowat 700 plasmaskerms en televisies in strategiese advertensie-posisies regoor die land, soos by vulstasie. Tbm stuur deur satellittegnologie die beeldmateriaal vir die skerms volgens die presiese bepalings van kliente. Die maatskappy lewer self die hele oplossing. Dit strek van die lewering van inhoud deur satelliettegnologie, skedulering en die instandhouding van die netwerk. Die tegnologie wat tbm inspan, maak dit moontlik om bykans enigiets na die skerms uit te saai. Dit kan selfs opleidingsdienste, kommunikasie van inligting of bemarking wees. ‘n Belangrike aspek van enige netwerk is om die inhoud interessant en dinamies te maak .”As deel van die oplossing kan tbm die produksie van die beeldmateriaal behartig teen ‘n fraksie van die koste van normale marktariewe,” se Van der Hoven. tbm bied ook ‘n advertensie-afdelling waar korporatiewe instellings advertensies aan sakevennote kan verkoop om die koste van die netwerk te help dek. Meer inligting is te kry by www.tbm.co.za

Source: Sake Beeld – Ryak van Niekerk