Hosken Consolidated Investments (HCI) het onregstreeks ‘n verdere 38 miljoen aandele in die uitgereikte aandelekapitaal van Mettle verkry. Dit het daartoe gelei dat HCI se belang in Mettle nou meer as 50% beloop. Ingevolge die reëls van die Johannesburgse beurs is HCI nou verplig om ‘n aanbod aan die minderheidsaandeelhouers van Mettle te doen. ‘n Prys moet nog bepaal word en daarom moet aandeelhouers omsigtig met hul aandele handel.

Source: Die Burger – Maatskappyenuus