Die mediagroep Primedia het sy belang in die Gautengse radiostasie 94.7 Highveld Stereo tot 85,83% verhoog. Primedia het die bykomende belang van 30,49% van Hosken Consolidated Investments vir R180 miljoen gekoop.
Primedia bekom effektief ‘n belang van 42,5%, maar 12% hiervan word in ‘n bemagtigingstransaksie vir R50,9 miljoen aan die Mineworkers Investment Company verkoop. Verder het Primedia bekend gemaak sy wesensverdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Desember 2003 het met 396,3% tot 32,1 sent gestyg teenoor 8,1 sent in dieselfde tydperk die vorige jaar. Die maatskappy se bedryfswins was 39,4% hoër op R132,7 miljoen teenoor die vergelykbare tydperk.

Source: Die Burger