KAAPSTAD – Die Golden Arrow busidens het ‘n nuwe eienaar. Bemagtigingsgroep besit nou Golden Arrow Die genoteerde swartbemagtigingsgroep Hosken Consolidated Investments (HCI) het gister bekend gemaak die transaksie, wat in Maart ‘n vaste aanbod van sowat R270 miljoen behels het, is afgehandel. Luidens ‘n verklaring wat gister uitgereik is, is mnr. Elias Mphande van HCI die nuwe voorsitter van Golden Arrow en mrn. Marcel Golding, voorsitter aangewys. Golden Arrow se huidige uitvoerende direkteure word behou. Golding is ook die uitvoerende hoof van e-tv en stigtersvoorsitter van die Mineworkers Investment Company. He het ook tussen 1994 en 1997 as parlemenslid gedien. Die vakverbond Cosatu het vroer vanjaar gedreig om ‘n interdik teen die transaksie te bekom nadat werkers ‘n teenaanbod van dieselfde waarde as die van HCI gemaak het. Die vakbond was vroeer van mening dat die werkers se verkoopsreg sterk in hul guns tel vanwee die belang wat hulle in die maatskappy hou. Mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het egter gister die transaksie verwelkom en gese die werkers was aanvanklik “onbewus” dat HCI ‘n vakbondbeleggingsmaatskappy was. Die SA Clothing and Textile Worker’s Union (Sactwu) is die grootste aandeelhouer in HCI en is by Cosatu geaffilieer. HCI besit onder meer twee derdes van e-tv en Vukani Gaming Western Cape, wat vroeer vanjaar een van twee lisensies vir beperkte-dobbelmasjien-operateurs in die Wes-Kaap bekom het. Mettie is ook ‘n filial van HCI. HCI se aandeelprys was gister onveranderd op dieselfde vlak wat dit sedert Augustus handhaaf – R3,50. Golding, na wie alle navrae verwys is, kon nie gister vir kommentaar bereik word oor wat die uiteindeli8ke waarde van die transaksie was en hoe die werkers se belang in Golden Arrow hanieer is nie.

Source: Sake Burger – Carel van Dyk