Gewese vakbondmanne skud die sak vir liefdadigheid.

Johnny Copelyn en Marcel Golding, oud vakbondmanne en die groot geeste van die bemagtigingsgroep Ho s ken Consolidated Investments (HCI), is vandeesweek boaan die lys van direkteursverhandelinge met skenkings van R142,5 miljoen aan twee liefdadigheidstigtings.

Met die groot bedrag sou mens dink dat Copelyn en Golding hul vrygewigheid wyd en syd bekend sou maak en gretig sou wag op die gevolglike mediaaandag. Maar nee, daar was nie eens ‘n persverklaring nie, net die saaklike Sens-aankondiging, wat verklaar dat Copelyn 4 miljoen aandele aan die HCI stigting geskenk het en dat Golding 500 000 aandele elk aan die HCI-stigting en die Wheatfield Estate-stigting geskenk het.

By die skryf hiervan was Copelyn boonop met vakansie en nie vir kommentaar beskikbaar nie en Golding ontvang om een of ander rede nie oproepe van F&T nie en bel ook nie terug nie.

Min inligting is beskikbaar oor die Wheatfield Estate-stigting. ‘n Soektog op die SA internetsoekenjin Aardvark het net twee resultate opgelewer, en albei hou met Golding se skenking verband.

Die eerste vermelding van die HCI stigting was in die groep se aankondiging van sy 2005-resultate, wat einde Junie bekend gemaak is. HCI se daarin dat die stigting saamgestel is deur ‘n tweede wysigingsakte van die Golden Arrow-stigting en dat hy bates van sowat R250 miljoen het.

HCI het Golden Arrow Bus Service, die enigste pendelbusdiens in Kaapstad en omgewing, verlede Julie vir R250 miljoen gekoop.

Volgens die Golden Arrow-stigting se finansiele state vir 2004 op sy webwerf het die stigting einde Junie verlede jaar bates van net meer as R12B miljoen gehad waarvan hy die meeste uit die verkoop van sy halfaandeel in die Golden Arrow Bus Service aan HCI gekom het.

Met ander woorde, iewers langs die pad het Copelyn en Golding ooreengekom om die ekstra sowat R125 miljoen te stoot om die verskil aan te vul vir die oprigting van die HCI-stigting. Wat ons nis weet nie, is of dit ingevolge ‘n reeling voor die tyd gedoen is en of hulle, as oud vakbondmanne, dit eenvoudig uit opregte gulhartigheid gedoen het. Ons wil graag hoor wat hulle daaroor te se het.

Ons kan wel se dat dit ‘n groot deal van hul rykdom uitmaak. Volgens HCI se 2004-jaarverslag het Copelyn 11,49 miljoen aandele in die groep en Golding 4,67 miljoen. Albei het opsies op nog 4,89 miljoen aandele teen ‘n uitoefeningsprys van 271c/aandeel – met ander woorde hulle sit reeds op ‘n wins van R133,4 miljoen elk op hul opsies teen die huidige aandeelprys van R30.

Source: Finansies & Tegniek – Llewellyn Jones