Clover se swartbemagtigingsgradering is aansienlik verhoog nä die maatskappy die afgelope week ‘n bemagtigingsvennootskap met Hosken Consolidated Investments (HCI) aangegaan het.

Ingevolge die ooreenkoms sal HCI ‘n belang van 25,1% (19,3 miljoen gewone aandele) en 25 miljoen voorkeuraandele in Clover Industries Beperk (CIL) bekom deur sy volfiliaal Mettle Food & Beverages Investment. Die totale beleggingswaarde is R91,8 miljoen, wat inkontantaan CIL betaalbaar is.

Gewone aandele sal uitgereik word wat nie aan enige melkleweringsooreenkomste gekoppel is soos die balans van die aandeelhouding nie. “Ons het vier jaar gelede begin om Clover se strategiese rigting aan te pas ten einde aan die maatskappy `n stewige platfönn te bied waarvandaan ons op die uitdagings in die Suid-Afrikaanse sakeomgewing kon reageer. Een van die uitdagings was om ‘n wedersyds voordelige swartbemagtigingsvennootskap te sluit,” se dr. Vos Grey, voorsitter van CIL.

“Die positiewe bydrae wat HCI tot die vennootskap lewer en die verhoogde gradering vir bree swart bemagtiging wat Clover äs gevolg van die vennootskap sal bekom, maak HCI `n besonder geskikte keuse,” se hy.

Clover se gradering sal nou verhoog tot die van ‘n maatskappy met swart invloed wat `n bevredigende bydrae tot bree SEB lewer.

Mnr. Elias Mphande, uitvoerende direkter van HCI, het die ooreenkoms verwelkom.

“Die transaksie stel HCI in Staat om sy bestaande verhouding met Clover uit te brei tot ‘n formele vennootskap äs aandeelhouer in die maatskappy.

“Dit bied aan HCI ‘n kragtige motivering om op alle vlakke tot Clover se groei by te dra,” se hy.

Clover, Suid-Afrika se grootste suiwelmaatskappy en `n toonaangewende vervaardiger en bemarker van voedselprodukte in Suider-Afrika, koop en vervoer sowat 30% van Suid-Afrika se melk, hoofsaaklik vir die kleinhandelsmark. Sowat 74,9% van die Clover Groep, met ‘n jaarlikse inkomste van meer äs R4 miljard, word deur ongeveer 650 verskaffer-aandeelhouers besit.

HCI is ‘n genoteerde beleggingsbeheermaatskappy met `n markkapitalisasie van meer äs R3 miljard.

HCI is een van die min maatskappye op die JSE met `n bree swartbemagtigingsgrondslag en sterk maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatiewe.

Die maatskappy voel hom dus verplig om sy aandag toe te spits op die maatskaplike bystandsprogramme wat die oorspronklike beweegrede vir sy beleggingsaktiwiteite was.

Die belegging in Clover bied aan HCI ‘n geleentheid om sy belange na die voedsel- en dranksektor uit te brei, en om die beeld van Clover se handelsnaamprodukte onder swart ver bruikers te bevorder. Mnr. Manie Roode, direkteun korporatiewe sake en Strategie van Clover, en mnr. Elias Mphande, uitvoerende direkteur van HCI. Di6 twee maatskappye het die afgetope week `n swartbemagtigingsvennootskap gesluit.

Source: Sake Rapport – Helen Ueckerman