HCI-aandeelhouersverseker groep is reeds winsgewend.

Clover is (vanaf l Julie) reeds winsgewend.” So verseker mnr. Robert Wesseloo, uittredende uitvoerende hoof van die suiwelgroep, die aandeelhouers van Hosken Consolidated Investment (HCI) nadat Clover ‘n toeskryfbare verlies van R38 miljoen in die jaar tot einde Junie gelei het.

CI besit 25,1% van die totale uitgereikte gewone aandelekapitaal van Clover.

Verdere voorkeuraandele gee die groep ‘n effektiewe 43% ekonomiese belang in die groep.

HCI het eergister aangekondig dat sy wesensverdienste vir die ses maande tot 30 September met 79% toegeneem het, nadat sy handelswinstoename met 110% gestyg het.

Clover se verlies het geen invloed hierop gehad nie omdat die transaksie tussen die twee maatskappye eers vanaf l Oktober – `n dag na afloop van die HCI-oorsigtydperk – van krag geword het.

“Die uitwerking van ons herstruktureringsprogram sal reeds vanjaar in ons resultate gesien word,” se Wesseloo. “Daarby het ons produkreeks veranderings ondergaan wat ons glo byval by verbruikers sal vind.”

Clover het reeds sy produkverpakking hersien (koue melk word nou byvoorbeeld in kartonverpakkings beskikbaar gestel), en ook nuwe Produkte, soos gebottelde water, van Stapel gestuur.

Volgens Wesseloo is ‘n rasionaliseringsprogram, om doeltreffendheid te verbeter, reeds in April afgehandel. Die koste daarvan het meer äs R44 miljoen beloop.

Die program, waardeur ongeveer 500 mense hui werk verloor het, het vroeer reaksie ontlok teen die agtergrond van Cloverdirekteure wat meer äs R50 miljoen uit `n aandele-opsieskema in hülle sakke gesteek het.

Die bonus is verduidelik aan die hand van ‘n R182 miljoen-bedryfswins wat die groep in 2004 behaal het, hoewel sy toeskryfbare verlies in die jaar steeds R9,l miljoen beloop het.

In kommentaar op sy eie resultate se HCI dat sy belegging in Clover ” ‘n uitbreiding van die groep se strategiese beleggingsbelange in die voedsel- en dranksektor” is.

“Daar word verwag dat hierdie belegging in die volgende finansiele jaar winsgewend sal wees en betekenisvolle opbrengste vir die groep sal genereer.”

• HCI se vyandige bod om beheer van Johnnic oor te neem, sluit vandag. Johnnic raai sy aandeelhouers aan om die bod af te keur omdat R10,80 volgens hülle te goedkoop is.

Johnnic se aandeelprys het gister op R12,30 gesluit, 1Oc laer äs die vorige dag.

Source: Sake Beeld – Andre Janse van Vuuren