Hosken Consolidated Investments (HCI), die genoteerde beleggingsarm van die klerewerkersvakbond Sactwu, het in die hall~aar tot ehide September ‘n stewige iflSI)Uiting gekry van sterk vertonings deur sy med iabelange (e.tv) en groter dobbelbelange (Tsogo Sun).

HCI het op 1 Desember verlede jaar beheer oor Tsogo Sun gekry en die afgelope halfjaar is die eerste volledige verslagtydperk waarin Tsogo Sun se bydrae in die gekonsolideerde inkomstestaat verreken word.

Die Tsogo-syfers is egter nog voorlopige syfers. Enige aanpassings sal in die jaarsyfers deurgegee word, het HCI gese.

Die aangepaste wesensverdienste het met 20% tot R298 miljoen gegroei en op ?n per-aandeelgrondsiag met 19%, tot R2,40.

HCI het in die tydperk 1 miljoen van sy eie aandele van die Fabcosgroep vir R67 miljoen teruggekoop.

HCI so 63%-belang in Sabido, wat onder meer e.tv en die radiostasie Yfm besit, het ‘n voorbelaste winsbydrae van R225 mujoen opgelewer, 45% meer as ‘n jaar gelede.

E.tv het sy posisie verstewig as die gewlldste Engelse TV-kanaal in Suid-Afrika. HCI se Yfm presteer nie na wense nie. E.tv het suksesvol aansoek gedoen om ‘n satellietbetaaltelevisielisensie en planne word beraam om nuwe kanale in 2008 bekend te stel.

Tsogo Sun se wins het met 21% gegroei en die dobbelmark groei steeds teen koerse wat aansienlik hoer as inflasie is.

Johnnic Holdings, waarin HCI ‘n 53% -be1ang hou, het ‘n wins van R70 rniljoen behaal, ally sy energie-afdeling steeds verliese.

Die volfiiaal Mettle bet ‘n wins van R15,5 miljoen opgelewer.

Die Golden Arrow-busdiens, ook ?n voffiiaal, se winsmarges was onder druk weens hoer brandstofpryse, en omsetgroei word beperk deur infrastruktuurvermoe.

Nog 50 busse is verkry om die probleem aan te pak.

‘n Gemdiddelde verhoging van 6,8% in buskaartjiepryse sal na verwagting teen einde Desember in werkirig tree.

Die suiweigroep Clover, waarin HCI ‘n ekonomiese belang van 44% besit, het sy Ultramel-bedrywighede aan Danone verkoop. HCI gb Clover se huidige kapitaalstruktuur beperk die onderneming en herkapitalisering van die onderneming is voorgestel.

HCI se steenkoolbedrywighede, Khusela Coal, sal na verwagting in die eerste heifte van volgende jaar by die Klippoortjie- en Loopspruit-myn met ontginning begin.

HCI bele sowat R180 miii oen in die twee myne.

KERNSYFERS

– Groep-omset R4.2 miljard (+237%) – Wesensverdienste per aandeel: R2,39 (+19%) – Kontant ult bedrywighede: R86 I ,6 miljoen (+300%) – Toeskryfbare wins: R423 miljoen (+53%).

Source: Volksblad – Sake 24 – Francois Williams