Dimension Data (Didata) is aangewys as die Business Times, sakebylae van die Sunday Times, se voorste genoteerde maatskappy in Suid-Afrika.

Didata se opbrengs gemeet aan die aandeelprys en dividende (bonusdividende ingesluit) wat herbelê is , het op 87,14% per jaar oor die afgelope vyf jaar tot einde September te staan gekom. Die naasbeste vertoner was East Daggafontein Mines met ‘n opbrengs van 86,28% per jaar oor die afgelope vyf jaar.

“Hosken” Consolidated Investments, met ‘n oprengs van 77,54% per jaar was op twee na die beste. Datatec (71,49% per jaar) was volgende, gevolg deur die PSG Groep (56,61% per jaar). maatskappye pers toekennings.

Source: Volksblad