KAAPSTAD- Hosken Consolidated Investments het ‘n belang in AIC Versekering bekom, wat laasgenoemde se swartbemagtigingsbelange ‘n stewige hupstoot gee, se mnr. Johnny Johnson, uitvoerende hoof van AIC. “Die gevolg van die transaksie is dat 57,9% van die maatskappy se aandele nou effektief deur swart groepe besit word,” se Johnson in ‘n verklaring. AIC le hom toe op die onderskrywing van die regstreekse koste van afwesig heid en die pro- aktiewe bestuur van die tyd wanneer werknemers nie by die werk is nie en is in Julie 2003 in ‘n vol waardige langtermynversekerings maatskappy omskep. AL die aandelekapitaal van AIC was in die besit van sy lede – sowat 12 000 laagbesoldigdes en voorheen benadeel de individue. Die meerderheid van die lede het aangedui dat hülle dit verkies om hul aandele te verkoop.  Die aandeelhouers het in Maart 2004 goedkeuring verleen aan die verkoop van 90% van hul aandele aan PSG Capital, ‘n volfiliaal van die genoteerde PSG Groep. Die vorige lede het die res van die aandele deur middel van ‘n bree swart ekonomiese bemagtigingstrust behou. Arch Equity, ‘n maatskappy in swart besit, is die eienaar van 22% van die aandele in die PSG Groep. AIC Versekering se direksie het dit goedgekeur dat Mettle Equity Group – ‘n volfiliaal van HCI en ‘n genoteerde beleggingsmaatskappy in swart besit – ‘n beduidende aandeel in AIC koop. Goedkeuring is einde 2004 van die betrokke reguleringsinstansies ontvang en HCI het toe deur sy filiaal, Mettle Equity Group, ‘n effektiewe belang van 36% van AIC Versekering gekoop. Die voordele van bemagtiging sluit in verbeterde bemarkingsvooruitsigte met toegang tot maatskappye wat huibesteding met bemagtigde maatskap pye en aan die staat wil uitbrei, asook die skep van rykdom vir voorheen benadeelde individue, se Johnson.

Source: Sake Burger – Johan du Toit