Die gebruik van oorbruggingsfinansiering vir eiendomstransaksies m Suid-Afrika het ‘n agterstand met die res van die wereld en die volle potensiaal van die soort finansiering word nog nie besef nie.  Mnr. Paul Marais van Mettle Factors, ‘n filiaal van die spesialisfinansieringshuis Mettle, se hoewel oorbruggingsfinansiering al ‘n beduidende hupstoot gekry het in die huldige bloeitydperk in sowel die residensiele äs kommersiele sektor, is die potensiaal vir uitbreiding uiters gunstig.  Hy se oorbruggingsfinansiering word gebruik om die geldgaping in eiendomstransaksies te oorbrug en kom handig te pas in die voorsiening van kontant op kort termyn vir die verkryging van eiendom totdat permanente finansiering verkry is.  Dit kan die transaksieproses bespoedig en ‘n groot voordeel is dat dit binne 24 uur beskikbaar is. Boonop word geen registrasieen administrasie-tariewe gehef nie. Die prokureur wat die transaksie hanteer, kan deur Mettle oorbruggingsfinansiering bekom vir sy klient vir diensgelde en belasting, hereregte, voor- , skotte op eiendom- en verband-‘opbrengs, asook die Verdiskonte ring van agente-kommissie. In Australie, waar die mark meer gesofistikeerd is, word 70% van alle transaksies deur oorbruggingsfinansiering voltooi. “Wanneer ‘n eiendom gekoop of verkoop word, word heelwat kapitaaluitleg benodig, wat ‘n transaksie kan kelder omdat eeri van die partye nie voorsiening gemaak het vir bykomende uitgawes nie, of selfs onbewus is . daarvan,” se hy. Oorbruggingsfinansiering sal in so ‘n geval help om die transaksie te bespoedig. Eiendomsagente trek voordeel uit die soort finansiering deurdat hülle kommissie gouer betaal kan word. Volgens Marais kan die prokureur wat die transakie hanteer die agent se kommissie deur Mettle verdiskonteer.  Marais se die maatskappy is besig om sy markaandeel van sowat 40% vinnig uit te brei.

Source: Sake Beeld