KAAPSTAD. – Die swart-bemagtigingsgroep Hosken Consolidated Investment gaan ‘n belang van 30% in BFS Capital vir R74miljoen koop. Die ooreenkoms tree op 15 Junie in werking. Die NBS Boland groep, wat nou deel is van die BOE groep, het voorheen ‘n belang van 49,7% in BFS Capital besit. BFS Capital beplan om aanstaande jaar op die Johannesburgse beurs genoteer te word.

Source: Die Burger – Sake Burger