KAAPSTAD. — Vukani Gaming Western Cape, wat aan die genoteerde groep Hosken Consolidated Investments (HCI) behoort, is as wenner aangekondig van een van die twee lisensies vir beperkte-dobbelmasjien-operateurs in die Wes-Kaap. Die wenner van die ander lisensie is die Australiese maatskappy Tattersalls. In totaal sal sowat 2 000 beperkte-dobbelmasjiene in die WesKaap bedryf word. Elkeen van die lisensies is vir die bedryf van sowat 1 000 masjiene.

Source: Die Burger