Close

Not a member yet? Register now and get started.

lock and key

Sign in to your account.

Account Login

Forgot your password?

GELDGOGGA BYT ARBEIDSLEIERS DALK OOK

22 Nov General

Lede van die Nehawu skreeu slagspreuke van agter ‘n polisieversperring tydens ‘n staking in Kaapstad Stakings het sterk afgeneem. Dit lyk egter of die rede is dat vakbonde arbeidstwiste al meer afskuif op die Kommissie vir Rekonsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie terwyl hulle self probeer om deur beleggingsmaatskappye geld te maak. ‘n Kenner se mening word hier bespreek. DIE skerp afname in stakings kan daaraan toegeskryf word dat vakbondleiers so besig is om beleggingsmaatskappye te bestuur dat hulle nie meer tyd kry vir arbeidsake nie. Dít is die mening van prof. Anthony Asher, direkteur van die departement van aktuariële wetenskap aan die Universiteit van die Witwatersrand en voorsitter van die Community Growth Fund. Volgens Asher dui die feit dat die nuwe Kommissie vir Rekonsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie in die eerste jaar van sy bestaan meer as 45000 sake moes aanhoor daarop dat daar nie soveel arbeidsvrede in die land is soos wat die afname in stakings wil aandui nie. Dit laat die vraag ontstaan of vakbondlede nog so betrokke is by arbeidsake soos voorheen. Asher is deur SakeBurger om kommentaar genader nadat die soveelste saketransaksie waarby vakbonde betrokke is, onlangs aangekondig is. Die swart-bemagtigingsmaat skappy New Africa Investments (Nail) het aangekondig dat hy ‘n gesamentlike onderneming, wat as Union Alliance Holdings bekend sal wees, saam met vier vakbonde in die Cosatu stal gaan stig. Dit beteken sowat twintig beleggingsmaatskappye wat deur vakbonde bestuur word, het die afgelope tyd die lig gesien. Asher sê dit is onmoontlik om die welslae van die maatskappye te bepaal omdat hulle gedurig verander en hul resultate moeilik gevolg kan word. Hy is egter bekommerd daaroor dat die meeste van die beleggingsmaatskappye in die finansiële dienstesektor belê en dat hulle baie min betrokke is by bedrywighede wat nuwe werkgeleenthede skep. “Dit maak deel uit van die Suid-Afrikaanse manier om pa pierwinste na te streef.” Mnr. Lupi Matibai van Societe General Frankel Pollak meen egter dat die beleggingsmaatskappye waarskynlik eers kapitaal wil opbou voordat hulle die geld gebruik om aan maatskaplik-ekonomiese sake aandag te gee. Mnr. Ravi Naidoo, ‘n navorser van Naledi, Cosatu se navorsingsarm, het ook bedenkings oor die rol wat dié beleggingsmaatskappye speel. “Ek dink die vakbondbeweging moet nog baie dinkwerk doen oor hoe sulke beleggingsmaatskappye saamgestel moet word en wat hul doelwitte moet wees. “Die vraag moet gevra word of daar soveel beleggingsmaatskappye moet wees en of die vakbondbeweging nie deur een of twee groot maatskappye verteenwoordig moet word nie.” Daar kan egter geen twyfel wees nie dat die vakbonde deesdae ‘n baie groot rol speel in die bedrywighede van finansiële instellings. Nuwe wetgewing vereis dat minstens die helfte van die trustees van pensioenfondse verteenwoor digers van die werkerskorps moet wees en die pensioenfondse het deesdae sowat R500miljard by finansiële instellings belê. Daarby beskik die vakbonde in die Cosatu stal, wat saam sowat 1, 9miljoen lede het, oor so ‘n sterk kontantvloei bestaande uit ledegeld dat daar steeds na nuwe maniere gesoek word om die geld te belê vandaar die ontstaan van die nuwe beleggingsmaatskappye. Mnr. Johnny Copelyn, eertydse sekretaris-generaal van die SA Clothing and Textile Workers Union (Sactwu), meen egter dat sulke beleggingsmaatskappye wel ‘n belangrike rol in die vakbondwese het. Dié vakbond het onder Copelyn se leiding die eerste beleggingsmaatskappy gestig. Die doelwit was om met aanvanklike kapitaal van R2miljoen ‘n kapitaalbasis van sowat R100miljoen op te bou. Die maatskappy het later saam met die Mineworkers Investment Company (MCI) die beheer oorgeneem van die genoteerde maatskappy Hosken Consolidated Investments (HCI). Copelyn sê daar is besluit om sommige van die twee maatskappye se bates aan ‘n genoteerde maatskappy oor te dra omdat dit die vinnigste manier was om die kapitaalgrondslag van die maatskappy uit te brei. Die transaksie het sowat R1miljard aan die twee maatskappye beskikbaar gestel en het aan hulle volle beheer gegee oor ‘n doeltreffende instrument wat vir swart bemagtiging gebruik kan word. Copelyn sê progressiewe vak bonde moet hul aandag nie net op tradisionele sake soos arbeidsgeskille en werktoestande toespits nie, maar ook nuwe instellings daarstel om mense van die werkersklas te help om oplossings te kry vir die probleme wat hulle in die kapitalistiese stelsel kan ondervind. Hy sê die koopkrag van die werkers moet benut word om finansiële instellings op die been te bring wat meer aandag gee aan die probleme van gewone mense as aan korporatiewe rekenings. Om dié rede onderhandel die twee beleggingsmaatskappye en HCI reeds ‘n geruime tyd oor die moontlike verkryging van ‘n bank. Sactwu se onderwystrust is reeds van die instansies wat by die bedrywighede van die vakbond se beleggingsmaatskappy baat ge vind het. Die trust het vanjaar sowat R8miljoen uit die beleggingswinste ontvang en betaal die helfte van sowat 2000 kinders, van wie 631 op universiteit is, se klasgeld. Die leerlinge en studente is almal kinders van die vakbond se lede. Die vakbondleiers word egter ook deur die beleggingsmaatskappye bevoordeel. Copelyn en Marcel Golding het elkeen 1% van HCI te bekom. Gegrond op HCI se markwaarde van sowat R1miljard is albei op papier nou minstens R10miljoen sterk. betogings arbeid.

Source: Die Burger