JOHANNESBURG. Hosken Consolidated Investments (HCI) het gister gesê hy gaan R186, 3miljoen, voor uitgawes, in samel in ‘n regte-uitgifte om sy onderskrywende verbintenis in die Saflife aanbod te finansier. Saflife is in die proses om ‘n belang van 30% in JCI te bekom in wat gesien kan word as die oordrag van dié mynhuis na swart beheer. HCI het gesê hy gaan omtrent 43,84miljoen aandele van 25c elk teen ‘n uitreikingsprys van 425c per aandeel beskikbaar stel. Aandeelhouers sal geregtig wees op negentien nuwe HCI aandele vir elke honderd wat tans besit word. Luidens ‘n verklaring is die HCI regte-uitgifte ten volle onderskryf teen R2,8miljoen.

Source: Die Burger