Close

Not a member yet? Register now and get started.

lock and key

Sign in to your account.

Account Login

Forgot your password?

HULLE DIEN IN JCI GOLD SE DIREKSIE

18 Mar General

JOHANNESBURG. — Wit Nigel het as bemagtigingsvennoot in Consolidated African Mines (Cam) mnr. Wiseman Nkulu, voorsitter van die Ontwikkelingsbank, as voorsitter van JCIgold benoem. Sy ander benoemings is mnre. Marcel Golding (voorsitter van “Hosken” Consolidated), Gibson Njenje, Eric Molefe en Tiego Moseneke. Mnr. Brett Kebble, uitvoerende direkteur van Cam, sal die uitvoerende adjunk-voorsitter van JCIgold wees en mnr. Vaughan Bray ‘n nie-uitvoerende direkteur. Die bestuurspan is mnre. John Brownrigg (besturende direkteur), Gordon Miller (bedryfshoof), Graham Wanblad (tegniese direkteur), Martin Cross (bemarking en tesourie) en Craig Lawrence (menslike hulpbronne). Me. Brenda Berlin is die finansiële direkteur.

Source: Volksblad