e-TV benodig geen kontant-inspuitings meer nie en behoort voortaan winsgewend te wees.

Hosken Consolidated Investments (HCI), wat onder meer twee-derdes van e-TV besit, het in die ses maande tot einde September sy wesensverlies tot R1,7 miljoen beperk, vergeleke met ‘n verlies van R53 miljoen in die vorige jaar.

Die groep het geen dividend verklaar nie en is steeds van plan om te denoteer, ondanks teenkanting van ‘n Britse aandeelhouer, wat regsoptrede geneem het.
HCI berig dat e-TV se inkomste met 27% gegroei het en dat sy stabiele bedryfskoste die groep in staat stel om bedryf te word sonder enige verdere kontant-inspuitings. e-TV se kykersgetalle tussen 17:00 en 23:00 is egter op dieselfde vlakke as in Maart vanjaar, sê HCI.

Venfin, wat ‘n derde van e-TV besit, se aandeelprys het gister met meer as ‘n persent geval tot R20,04.

Die dobbelgroep Vukani, waarin HCI ook ‘n belang het, se handelsbedrywighede vorder stadig. HCI het ook ‘n verdere belang van 5% in Tsogo Sun verkry. Mettle, waarin die groep ook ‘n belang het, se vertoning was ooreenkomstig die verwagtings.

Source: Die Burger