e.tv beplan ‘n nuwe kontinentale nuusdiens vir Afrika deur nog “n aparle nuwe TV-nuuskanaal wat as eNews Africa bekend sal staan, te skep.
Die Burger het betroubaar verneem dat die uitsaaier besig is met planne vir nog ‘n nuwe TV-nuuskanaal wat spesifieke nuusburo’s oor die vasteland heen sal insluit.

e.tv se planne vir eNews Africa volg na die sukses van die eNews Channel op kanaal 403 op DStv.

Die eNews Africa-nuuskanaal sal as ‘n susterkanaal saam met die eNews Channel bedryf word, met dieselfde nuusaanslag, maar ‘n effens ander programsamestelling en aanbieding om by ‘n Afrika-kykersgehoor aan te pas. <0> “Die doel is om Afrika met soveel nuus as moontlik oor Afrika te bedien,’* het Mnr. Patrick Conroy, e.tv se nuwe eNews-hoofbestuurder, gese.

Die eNews Channel is die gewildste TV-nuuskanaal op DStv in Suid-Afrika en die kanaal word sedert begin Oktober ook in agt ander lande in suidelike Afrika uitgesaai.

Source: Burger Oos Kaap – Thinus Ferreira