Investec het gister 6% van Nail se aandele op die JSE vir R64 miljoen gekoop. Investec is deel van ‘n konsortium wat ‘n aanbod gemaak het om 100% van Nail, wat onder meer Kfm en die Sowetan besit, te verkry. Die konsortium, wat die swart bemagtigingsgroep Tiso insluit, het 900c per aandeel aangebied. Nail-aandele het gister teen 920c verhandel. Hosken Consolidated Investments en Johnnic stel ook klaarblyklik in Nail belang.

Source: Die Burger