KAAPSTAD- Die Golden Arrow busdiens het verlede week die eerste van 40 splinternuwe busse gekry wat die maatskappy voor einde vanjaar nog op die pad gaan hê. Nog 50 nuwe busse word teen 10 per maand in die eerste vyf maande van volgende jaar afgelewer. Dit spruit uit ‘n inspuiting van R90 miljoen van die nuwe aandeelhouer van Golden Arrow, Hosken Consolidated Investment (HCI), en sal 11% van die maatskappy se busvloot vernuwe. Mnr. Elias Mphande, voorsitter van Golden Arrow, het vandeesweek die nuus bekênd gemaak en gesê die busse verteenwoordig meer as 30% van die busmaatskappy MAN se totale jaarlikse produksie. Die klerewerkersvakbond Sactwu besit ‘n belang van 60% in HCI, en besit dus onregstreeks 60% in Golden Arrow, het Mphande aan Sake gesê. HCI het Golden Arrow vroeër van jaar vir sowat R270 miljoen gekoop. Mnr Nic Cronje, uitvoerende hoof van Golden Arrow, het aan Sake gesê die 40 nuwe busse word op die bedrywige Khayalitsha-roete ontplooi, en die ander nuwe busse wat volgende jaar aangekoop word, is bedoel om verouderde busse te vervang. Mphande het in ‘n toespraak aan gaste by ‘n skemeerkelkonthaal van Golden Arrow gesê daar moet nuut gedink word oor finansiering vir openbare vervoer. Die begrotings vir openbare vervoer moet meer doeltreffend bestee word sodat openbare vervoer meer aantreklik is. Hy meen die funksies van ‘n metropolitaanse vervoerowerheld wat voorgestel word vir Kaapstad bestaan reeds binne die Kaapstad-munisipaliteit. Op ‘n studietoer na Brittanje wat deur die Suid_afrikaanse Busoperateursvereniging gereel is, het Mphande gevind die vervoërowerheid waar voor die nasionale landvervoer-oorgangswat voorsiening maak, blyk baie op die patron van die Britse vervoërowerhede geskoei te wees. Mphande het gesê in Brittanje bestaan die vervoerowerhede egter om die verskillende plaaslike rade seggenskap te gee in beleidsbesluite en beplanning. In Suid-Afrika is megastede geskep, met die funksies soos vervat in die wet op stedelike vervoer reeds van toepassing op die megastede. Hy meen ‘n metropolitaanse vervoerowerheid soos waarvoor die landvervoer-oorgangswet voorsiening maak, is waarskynlik nie nodig nie. Die regulering en uitvoering van die magte en verantwoordelikhede vir openbare vervoer kan waarskynlik as ‘n lynfunksie gedoen word deur ‘n passasiersvervoer-bestuurspan wat deur ‘n raadgewende forum mat die sakesektor, arbeid en vervoeroperateurs kan skakel. Mphande het gesê onderhandelde buskontrakte behoort gebruik te word om kleiner sake-ondernemings in die openbare vervoersektor te betrek. Cronje het gesê Golden Arrow is nou ten volle bemagtig op aandeelhouersvlak. Op bedryfsvlak het die maatskappy reeds fluks gevorder met bemagtiging. Byna 20% van die onset van meer as R500 miljoen per jaar word regstreeks of onregstreeks deur 11 bemagtigde subkontrakteurs ingesamel. Dit sluit ook die bydrae van die gesamentlike onderneming, Sibanya, in asook tot 12 buskaartjie-aagentskappe. Tot 53% van Golden Arrow se verkrygingsbegroting word by bemagtigde verskaffers bestee.

Source: Sake Burger – Francois Williams