HOSKEN KRY BELANG VAN 40% IN BSG
- June 30, 2001
- Posted by: admin
- Category: Technology
No Comments
KAAPSTAD. Hosken Consolidated Investments, die gediversifiseerde media-, telekommunikasie- en IT-groep, het ‘n belang van 40% in Business Systems Group verkry.
HCI, wat onder meer belange in e-TV, Vodacom en Datatec het, meen BSG het as jong IT-maatskappy groot groeipotensiaal.
Die oorblywende 60% word deur BSG (Brittanje), BSG se bestuur en ‘n aandele-aansporingstrust besit.
BSG spesialiseer in e-handel-oplossings deur kliëntediensbestuur en e-handel te integreer.
HCI word beheer deur die beleggingsmaatskappye van die SA Klere- en Tekstielwerkersunie (Sactwu) en die Nasionale Mynwerkersunie (NUM). Die groep is op die telekommunikasiesektor, IT, interaktiewe media, die uitsaaiwese en finansiële dienste toegespits.
Source: Die Burger